BRAAI BROODJIES "OPGETERT"
BESTANDELE
8 snye dag-oue witbrood
olyfolie
2 groot, ferm, vlesige rooi tamaties, in skywe gesny
1 groot ui, in baie dun skywe gesny
16 basiliekruidblare
2 wiele feta, horisontaal gehalveer (steeds in wiele, net die helfte so dik)
varsgemaalde growwe sout en swartpeper
METODE:
Smeer olyfolie met ‘n kwas aan een kant van elke sny brood.
Maak vier toebroodjies. Neem eers net vier snye brood en plaas op die ongesmerde kante skywe tamatie, dun skyfies of ringe uie, vier basilieblare per sny en ‘n dun wiel feta.
Geur met sout en peper, besprinkel met nog olyfolie.
Plaas die orige vier sny brood bo-op, gesmeerde kante na buite, en druk die toebroodjies liggies toe.
Braai oor lae hitte tot bros aan die een kant. Gebruik twee eierspane of spatels om dit versigtig om te draai en braai tot bros aan die ander kant. Sit dadelik voor.
Bron: Maroela Media
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

var popunder = true;
No comments:
Post a Comment